RandMark tem die Beast-wedren in Magalies

RandMark se vyf fietsryers het 'n padfietswedren, die Beast of Magalies, getem.

Vyf fietsryers van RandMark het gewys wat in hul steek tydens die Beast of Magalies-padfietswedren.

Nico Smit, padfietsverteenwoordiger van RandMark het verduidelik dat die wedren vroeg vandeesmaand plaasgevind het.

Hy het genoem die wedren het by Greensleeves Medieval Kingdom begin waarna hulle in die rigting van Magaliesburg gery het. Die afstand was 100km met ‘n 1 000m klim.

Hulle het die wedloop in net minder as ses uur voltooi.

Nico tesame met Bruce Minnie, Thinus Forbes, Malcolm Groenewald en Gareth Jordaan was die vyf fietryers wat RandMark verteenwoordig het.

Nico het vertel die wedren vorm deel van hul oefening vir twee wedrenne waaraan hulle in September gaan deelneem. Die wedrenne sluit in die Lions Karoo to Coast Mountain Bike Challenge en die Boland Gravel Monster.

“Ons het almal saam gery en saam klaargemaak. Ons was almal tot dusver tevrede met die oefening,” het Nico gesê.

Exit mobile version