Drie Randgate-boksers wen in die kryt

Ses boksers van Randgate Boksklub het hul hart en siel in die kryt ingesit tydens 'n onlangse toernooi.

Boksers van regoor die Wes-Rand het onlangs bymekaargekom om in die kryt kragte te meet tydens ‘n Randgate Boksklub-toernooi.

Die inweeg het van 7:00 tot 9:00 plaasgevind en boksgevegte het vanaf 12:00 plaasgevind.

Handre Becker.

Ses bokers van die Randgate Boksklub het hul staal in die toernooi gewys.

Handre Becker, Kyle Louw en Donell Kloupas het almal gewen terwyl Jannie Smit, Michalski Grubb en Barney Haynes egter die onderspit gedelf het. Barney het wel steeds ‘n medalje ontvang vir die beste geveg.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version