Teine eerstes looi UJ se studente, alweer!

Randfontein Rugbyklub se eerste span het alweer vir UJ in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks geklop.

Randfontein Rugbyklub se eerste span kan alweer breëbors rondloop na ‘n spoggerige 28–19 oorwinning oor die studente van die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks.

Dit was Teine se tweede sege oor UJ in die liga vanjaar nadat hulle ook in Mei met 42–31 geseëvier het.

Rudi Marx jaag agter Bennie Beyleveld wat die bal dra.

Teine het vier drieë gedruk danksy José Dias, Dewalt Sonnekus, Herman van Eck en Renaldo Visser met Janco Tiedt wat al sy doelskoppe oorgeklits het.

• Lees ook: Teine-eerstes weereens bo teen Pirates!

Die dag het wel op ‘n lae noot begin vir Teine se vrouespan wat 20–5 verloor het teen Alexandra Wolves Rugbyklub.

Louis Smit.

Die o19-span het ook ‘n nederlaag beleef en die knie teen UJ gebuig met ‘n telling van 36–15.

UJ se o21-span was witwarm en het Teine ‘n rugbyles geleer met ‘n sege van 71–7.

Die derde span het toe weer opgemaak en UJ 41–28 geklop terwyl die tweede span naelskraap 21–17 verloor het.

Exit mobile version