Sport

Teine-eerstes weereens bo teen Pirates!

Die Randfontein Rugbyklub se onlangse wedstryd het taai begin, maar die eerste span het met sukses van die veld af gedraf.

Randfontein Rugbyklub se eerste span spog met hul tweede oorwinning vanjaar oor Pirates Rugbyklub in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks.

Dit was wel ‘n naelbytsege van 30–27 en Teine moes hard terug baklei weens ‘n groot agterstand maar hulle kon deurdruk wat beteken hul dominasie in die liga duur voort. Puntemakers was Hardus van Aswegen, Herman van Eck, Michael Tolmay en Itu Mpete wat almal een drie gedruk het. Janco Tiedt het met een doelskop en een strafskop geslaag.

Vir Teine is die oorwinning so soet as kan kom veral nadat hulle in die tweede rondte met 33–20 ook teen Pirates geseëvier het.

Rudi Marx.

• Lees ook: Pirates Groot Uitdaagreeks: Twee uit twee vir Teine eerstes

Ongelukkig sal daar harde woorde in die kleedkamers met al Teine se ander spanne gepraat word.

Ander uitslae sluit in:

• Teine o19’s verloor 10–22 teen Pirates
• Teine o21’s verloor 10–36 teen Pirates
• Teine derde span verloor 15–26 teen Pirates
• Teine tweede span verloor 19–24 teen Pirates

• Lees ook: Teine-seniors wys UJ wie’s baas

Teine se volgende kragmeting in die liga was teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op Vrydag, 26 Julie. Ongelukkig was die uitslae teen druktyd nie bekend nie. Randfontein Rugbyklub se eerste span het in Mei laas teen die studente te staan gekom en ook ‘n spogoorwinning van 42–31 behaal.

Related Articles

Back to top button