Pasop! Teine o8-rugbyspan bly groei

Randfontein Rugbyklub se o8-mannetjies is 'n groep om dop te hou vir die toekoms.

Randfontein Rugbyklub se o8-span bly groei en is op koers om hul belofte van 2023 na te kom – deur toekomstige Springbokke te word.

Spanbestuurder Charlotte Human het vertel dat die o8-span oorspronlik gestig was as Teine se eerste o7-span in 2023. Huidiglik bestaan die span uit 21 passievolle rugbyspeler wat mik vir groot hoogtes.

Mason van Zyl breuk weg met die bal.

Volgens Charlotte is die span uniek omdat die spelers van verskeie plekke af kom. Sy het vertel dat van die spelers van Laerskool Randfontein en Laerskool Rapportryer is terwyl ander van Yusuf Dadoo is.

• Lees ook: KYK: Teine se o7’s raak bietjie Bok-mal!

“Die spelers vorm ‘n ongelooflike sterk span. Dit is wonderlik om te sien hoe kinders van verskeie skole saam staan en ‘n klub vorm,” het Charlotte gesê.

Volgens Charlotte is die span gestig reeds om jeug rugby te bevorder. Sy het bygevoeg dat baie seuns min geleenthede kry of rugby te speel. Meeste van die spelers wat nie skoolspanne gemaak het nie, kry dan die geleentheid om rugby vir die klub te speel.

Die klub se doel is om elke seun die geleentheid aan te bied om te presteer en te verbeter op die rugbyveld. Dus wil hul ook die seuns se selfvertroue bou sodat hul hulle drome kan najaag.

Voorlyn afrigters Pieter de Beer en Gustav Human.

“Alle rugbyliefhebbers wil ‘n kans hê om Springbokke te word. Daar is ‘n paar groot manne wat kan leer by die kleintjies se sportmansgees en toewyding,” het sy uitgedruk.

Charlotte het verduidelik dat die klub besig is met hul rugbyseisoen. Sy het bygevoeg tot dusver tydens elke wedstryd het die o8-span hulle harte uitgespeel.

“Die span se grootste prestasie is virseker die deursettingsvermoë en die passie wat elke speler uitlewe op die veld. Dit is baie lekker om te wen maar ons spelers weet dat verloor nie sleg is nie want dan weet ons waar die foute lê. Niks kry ons spelers onder nie,” het Charlotte verduidelik.

Agterlyn afrigters Chris Breedt en Matt van Zyl.

Na elke wedstryd, vertel Charlotte, word ‘n speler beloon met die ‘Man of the Match’ titel en elke speler kry ‘n ietsie, wen of verloor, om dankie te sê dat hul opgedaag het.

Afrigters Chris Breedt, Matt van Zyl, Pieter de Beer en Gustav Human is trots om te sien dat sulke jong manne ‘n liefde vir die sport ontwikkel.

Exit mobile version