Een hou op ‘n slag

Jong dogter hou Randfontein se naam hoog in boks.

Annelien Wilken inspireer baie jong meisies om hul drome te volg terwyl sy voorberei om aan die Provinsiale Boks Kampioenskappe deel te neem.

Die graad 9-leerder van Hoërskool Jan Viljoen het groot aanslag gemaak as ‘n lid van die Randgate Boksklub (RABC) vanjaar. Vroeg in Julie het sy reeds aan haar eerste kampioenskap deelgeneem waar sy gewen het.

Annelien het uitgedruk dat sy trots is om te kan sê sy neem deel aan die kampioenskappe.

“Ek het nooit werklik gehou van boks nie. Die dag wat ek my broer gesien boks het, het ek besef dat dit wel ‘n passie kan wees,” het Annelien vertel.

Sy het dus besluit om aan te sluit by RABC waar haar broer ook begin boks het. Haar gunsteling deel van boks is skermoefening en draf. Sy droom om eendag internasionaal teen sterk opponente te boks.

Haar grootste inspirasie is afrigter Leon Consalves wat die lede by RABC gereeld ophef.

Verder deel Annelien haar raad aan jong meisies wat dink hulle het ‘n onbereikbare droom.

“Moet nooit opgee met wat jy doen nie. As jy hard genoeg werk sal jy uitkom by die resultaat wat jy wil toon,” het sy afgesluit.

Exit mobile version