Riebeeckrand-rugby maak Randfontein trots met drie ligawenners

Hoërskool Riebeeckrand se o14-, o16- en eerste span is as ligawenners aangewys.

Drie rugbyspanne van Hoërskool Riebeeckrand is as ligawenners aangewys tydens ‘n reeks eindstryde gehou by Randfontein Rugbyklub.

Riebeeckrand se Marko Labuschagne korrel pale toe.

Riebeeckrand se o14-span het gemaklik met ‘n telling van 31–3 teen Hoërskool Bastion afgereken terwyl die o16’s hard moes terugveg met ‘n agterstand van 13–3 om uiteindelik 20–13 te seëvier teen Hoërskool Florida.

Noel Laing.

Die eerste span het wel gelykop gespeel teen Hoërskool Linden maar albei is as gesamentlike wenners aangewys.

Tyler Verreyne.

‘n Vierde span van Riebeeckrand, die o15’s, het ook die eindstryd gehaal maar ongelukkig naelskraap 20–17 die knie gebuig teen Hoërskool Fochville.

Exit mobile version