Riebeeckrand-leerders bo tydens SA Armdruk Kampioenskappe

Armdruk-boffins van Hoërskool Riebeeckrand op pad na Moldova vir die Wêreldkampioenskappe.

Twee leerders van Hoërskool Riebeeckrand het tydens die afgelope skoolvakansie gewys wat in hul steek tydens die SA Armdruk Kampioenskappe.

JJ en Zanthus Boyder het op 28 en 29 Junie aan die kampioenskappe deelgeneem wat in die Paarl gehou is.

Zanthus het weggestap met die goud in sy gewigsklas vir albei linker- en regterarm-afdelings. JJ het silwer ontvang in die linkerarm-afdeling en brons in die regterarm-afdeling.

Volgende beplan albei hierdie armdrukatlete om Suid-Afrika tydens die World Armwrestling Federation Wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Die kampioenskappe vind plaas van 15 tot 25 Augustus in Chi?in?u, Moldova.

Exit mobile version