Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Jungqo Marais Hennings

Jungqo Marais Hennings, vaskopstut en haker van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Jungqo Marais Hennings (28) se hart en siel is in die voorry.

Hy sak as beide vaskopstut en haker wanneer hy die Randfontein Rugbyklub se eerste span verteenwoordig. Jungqo speel al ongeveer twee jaar lank vir die klub, maar sy rugbyloopbaan het begin toe hy vyf jaar oud was.

“Vandat ek ‘n kind was, het ek rugby geniet. Op ‘n stadium het ek gedink ek gaan die sport speel vir ‘n lewe. Ek is nog altyd mal oor spansport. Die broederskap wat ek in die sport beleef het kan ‘n mens nêrens anders kry nie en ek wens elke kind kry die geleentheid om dit te ervaar. Sport ontwikkel jou ook as mens en skep ‘n omgewing waar jy behoort,” het hy verduidelik.

Wat sy prestasies aanbetref het hy as o13-rugbyspeler die Luiperde vertoonwoordig gedurende die Craven Week.

Hy het ook vir die Goue Leeus se o16-span uitgedraf in die Grant Khomo-week en boonop die Blou Bulle op o18 en o19-vlak verteenwoordig.

Jungqo beskou Springbok-afrigter Rassie Erasmus as sy rolmodel en glo in die slagspreuk, ‘werk hard, speel hard’.

Wanneer Jungqo nie op die rugbyveld besig is nie, geniet hy graag krieket, gholf en sy werk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button