Sport

Nie net rugby nie, maar gholf ook!

Randfontein Rugbyklub het 'n spoggerige 'Around the World' gholfdag aangebied.

Randfontein Rugbyklub het ‘n ietwat onkonvensionele gholfdag aangebied wat ‘n reuse sukses onder die inwoners was.

Op 22 Junie het Juan Maritz, Corne Hulme en Martin Henning die rugbyklub se rugby- en krieketveld in ‘n gholfbaan omskep. Volgens Juan, die hoof organiseerder, was die dag aangebied om meer bewustheid onder die inwoners te skep.

Luvan Calitz.

Juan het bygevoeg dat ongeveer 130 mense die geleentheid bygewoon het. Daar was drie watergate wat verversings aan die deelnemers gebied het.

Theo Calitz.

“Die dag was beslis suksesvol in die sin van mense wat nie gedink het dis moontlik om so iets te kan uitvoer op ‘n rugby- en krieketveld nie. Daar was ook baie besigheidsmense in die dorp betrokke,” het Juan vertel.

Een van die grootste uitdagings vir Juan was die opstel van die putjies asook die tyd.

Lafras Duvenage.

“Die lekkerste deel van alles was die samesyn en om te sien hoe die gemeenskap mekaar kan ondersteun en ook die belangstelling in die rugbyklub te sien deurbreek,” het Juan gesê.

Related Articles

 
Back to top button