Sport

Teine onstuitbaar en berei nou vir liga voor

Die Randfontein Rugbyklub vier nadat hul teen Raiders Rugbyklub gespeel het.

Die Randfontein Rugbyklub het onlangs kragte gemeet met Raiders Rugbyklub.

Op 15 Junie het Teine op Raiders Rugbyklub se veld bymekaargekom om te kompeteer vir ‘n posisie in die Castle Lager Groot Uitdaagliga. Die vrouespan, o21’s, tweede- en eerste span het op die A-veld die bul by die horings gepak. Op die B-veld het die derde span en o19’s die gees hoog laat loop.

Die vrouespan het ongelukkig die wedstryd met 36–0 verloor. Die o19’s het goed gevaar en ‘n oorwinning van 42–12 aangeteken. ‘n Totaal van ses drieë was tydens die wedstryd gedruk.

Die klub se o21’s het vir ‘n mate van spanning gesorg nadat hulle met 36–3 teen die Raiders verloor het.

Die derde span se angswekkende wedstryd het ongelukkig ook met ‘n verloor geëindig, met ‘n telling van 47–21.

Die klub was wel dankbaar nadat die tweede span naelskraap 32–31 gewen het. Morne Labuschagne, Renaldo Visser en Steff Calitz het in geheel vir vier drieë gesorg.

Die eerste span het hul dorp trots gemaak toe hul die wedstryd met een punt gewen het. Janco Tiedt, Itu Mpete en Herman van Eck het vyf drieë gedruk met die telling 30–29 toe die eindfluitjie blaas.

Die Randfontein Rugbyklub sal 29 Junie teen Wits Rugby koppe stamp.

Related Articles

 
Back to top button