Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Jacqone Lurvid de Villiers

Jacqone Lurvid de Villiers, senter van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Jacqone Lurvid de Villiers is ‘n onstuitbare lid van die Randfontein Rugbyklub se eerste span.

Jacqone (29) speel al vir ‘n hele paar maande as senter (nommer 13) vir die eerste span. Sy gunsteling deel van rugby is om bo-oor die opponerende span te hardloop.

Sy werklike fassinasie met die sport het op die ouderdom van vyf begin in ‘n buurt in die Paarl waar hy grootgeword het. Hy speel huidiglik al 24 jaar rugby en leef nou sy passie uit vir die Teine.

Een van sy baie inspirasies is Rieko Ioane, wat hom elke keer motiveer om te verbeter.

Jacqone het aan die Super Liga deelgeneem in die WP-span. Hy het ook as o19 en o21 aan die Currie Beker deelgeneem. Verder het hy ook aan die Boland Club Rugby Liga deelgeneem.

“Jy moet nie net mededingendheid hê nie, maar ook die vermoë hê, ongeag die omstandighede waarmee jy te kampe het, om nooit op te hou nie,” het hy aangehaal.

Related Articles

 
Back to top button