Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Cornelius Jacobus Wynandré Human

Cornelius Jacobus Wynandré Human, loskopstut van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Cornelius Jacobus Wynandré Human (23) is nog ‘n trotse Teine-speler wat sy beste wil gee vir die klub.

Cornelius is ‘n spesialis-loskopstut wat tans vir Randfontein Rugbyklub se eerste span uitdraf. Vanjaar is wel sy laaste jaar by Teine.

Cornelius is van jongs af deur sy pa blootgestel aan die sport en volgens hom het sy pa hom gewys dat die liefde vir die sport nie net hom as indiwidueel raak nie, maar die mense om hom. Hy onthou ook baie goed toe hy vir die eerste keer ‘n rugbybal vasgehou het.

Sy rugbyloopbaan het ontstaan op die vroeë ouderdom van vyf en hy beklemtoon dat hy al 16 jaar lank rugby speel.

Tydens sy skoolloopbaan is hy vir twee jaar as die Voorspeler van die Jaar aangewys asook eerste span se Speler van die Jaar. In 2017 het Cornelius ook die 15-tal Bokkiespan gehaal en in 2018 die Gazelle-span. Na sy skoolloopbaan is hy deur die Western Force in Australië, Sharks Akademie, Limpopo Bulle asook Stellenboch Universiteit genader vir ‘n beurs maar hy moes dit van die hand wys as gevolg van omstandighede.

Sy gunsteling deel van rugby is wanneer die eerste span uit die kleedkamers hardloop. Hy het vertel dat hy hou van die spanning wanneer sy opposisie voor hom staan en gereed lyk vir oorlog.

Verder het Cornelius ‘n slagspreek van Thomas Eddison aangehaal as sy lewensleuse, “Ons grootste swakheid lê daarin om tou op te gooi. Die sekerste manier om sukses te behaal is altyd om net nog een keer te probeer.”

Exit mobile version