Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Morne ‘Boeta’ Piater

Morne 'Boeta' Piater, oopkantflank, steelkantflank en agsteman van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Morne ‘Boeta’ Piater (28) is een van Randfontein Rugbyklub se veelsydigste spelers wat as losvoorspeler kan uitdraf in drie posisies, naamlik oopkantflank, steelkantflank en agsteman.

Alhoewel Morne sy vrye tyd spandeer om te oefen vir die klub se eerste span, het sy passie vir die sport begin op die ouderdom van ses. Hy het ook gereeld op naweke rugby saam met sy vriende gespeel.

“My stiefpa het ook ‘n groot rol gespeel in my rugbyloopbaan. Wanneer ek by die gimnasium geoefen het, het hy by my sy gestaan om my te ondersteun. Ek was ‘n klein outjie gewees. Soos wat ek meer geoefen het, het ek sterker en beter geword. Dit is toe ek sien dat ek hoogtes bereik met rugby,” het Morne vertel.

Morne het al die Goue Leeus se o17-sewesspan verteenwoordig asook die Goue Leeus se o18-span. Boonop was hy as o19 en o21-speler in die Curriebeker vir die Luiperde in aksie. Hy het daarna Young Guns verteenwoordig in Varsitybeker asook Pukke se eerste span verteenwoordig.

Morne vertel hy hou veral van die spanning op die veld en afskoptyd. Sy rolmodel is die bekende George Wilhelm.

‘n Slagspreuk waarmee Morne sy dag begin is ‘jou tyd is beperk’.

Exit mobile version