Sport

Rappies rugby wys wat in hulle steek

Laerskool Rapportryer se rugbyseisoen het tot 'n suksesvolle einde gekom.

Laerskool Rapportryer se rugbyspanne het groot naam gemaak die afgelope seisoen.

Om af te skop het Rappies se eerste span, onder leiding van afrigters Errard Ernsting, Ruan Huyser en Jannie Tiedt, uitstekende deursettingsvermoë in die liga gewys en slegs een nederlaag gely.

“Hierdie span het ‘n onblusbare gees en weier om ‘n nederlaag te ly, selfs wanneer dit lyk asof die wedstryd teen hulle draai. Hul vermoë om onder druk te presteer is ‘n teken van hul intensiewe opleiding en die sterk spanbinding wat hulle deel,” het skoolwoordvoerder Celeste Wentzel vertel.

Die o9-span bly onoorwonne tydens die liga.

Intussen is die o9-span onoorwonne in al hul kragmetings.

“Hulle verdediging is soos ‘n onbreekbare muur en hul aanval is net so doeltreffend. Hierdie jong span wys al vroeg in hul sportloopbane dat hulle groot potensiaal het en moontlik toekomstige sterre in die sportwêreld kan wees,” het Celeste uitgedruk.

AJ van den Berg is onlangs opgeneem in die o13 Goue Leeus.

“Die skool se sportprogramme dra vrugte en dit is duidelik dat daar ‘n kultuur van uitnemendheid en harde werk by die skool heers. Die toekoms lyk blink. Die hele skoolgemeenskap is ongelooflik trots op die spanne en sien uit na wat die volgende seisoen vir hulle inhou,” het Celeste verder vertel.

Verder wil Laerskool Rapportryer ook hul trots deel vir AJ van den Berg wat onlangs opgeneem is in die o13 Goue Leeus rugbyspan.

Related Articles

 
Back to top button