Sport

Teine domineer aartsvyand Poorte in derby

Teine loop breëbors nadat hulle vier uit vyf ligawedstryde teen hul aartsvyand, Poorte, gewen het.

Randfontein Rugbyklub het sy aartsvyand Roodepoort Rugbyklub gedomineer tydens ‘n reeks kragmetings in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks.

Op 25 Mei het die twee rugbyreuse op die Wes-Rand mekaar in vyf ligawedstryde aangepak met Teine wat aan die wenkant van vier van daardie kragmetings was.

Louis Smit.

Om te begin is Teine se eerste span steeds onoorwonne en spog hulle met ‘n wegholsege van 56–7. Die span het 10 drieë gedruk met die ster van die dag losvoorspeler Jacqone de Villiers wat drie keer agter die opponent se doellyn kon kuier het.

Die twee ander senior spanne van Teine, die tweede en derde spanne het ook geseëvier met oorwinnings van 18–10 en 63–12 onderskeidelik.

Franco Tiedt met die bal.

Wat die juniors aanbetref het Teine se o19’s Poorte met 100–3 verniel. Die span spog verder met 15 drieë met Keagan Taylor en Aiden Gerber (elk twee drieë) met Heinrich Albrecht wat ‘n briljante vierkeer gaan druk het. Verder het Keagan ook 11 doelskoppe oorgeklits.

Ongelukkig het Teine se o21’s slae gekry en 50–7 verloor.

Teine se vrouespan was ook aan die wenkant met ‘n 7–0 sege oor Inner City.

Teine is dus opgewonde om op 1 Junie Wanderers te verwelkom vir hul volgende ligastryd.

Related Articles

 
Back to top button