Sport

Senzokuhle se rugbyloopbaan vat vlam

Senzokuhle Hlatshwayo, die slot vorentoe van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Senzokuhle Hlatshwayo (28) is een van Randfontein Rugbyklub se nuwe aanwinste wat met trots die arend op sy bors dra.

Alhoewel dit die reuse slot se eerste jaar is by Teine, speel hy al rugby vir meer as 12 jaar.

“Ek was ‘n groot seun op skool en daarom het die rugby afrigter my een dag gebel om te vra of ek rugby wil speel. Die dag wat ek my tokse aangehad het vir die eerste keer, het die afrigter vir my gesê as ek die bal vang moet ek reguit en hard hardloop. Toe ek dit die dag doen, het dit goed gevoel en ek het nooit weer terug gekyk nie,” het hy vertel.

Sy gunsteling deel van rugby is die skrumtye omdat hy die uitdaging geniet.

Van Senzokuhle se grootste prestasies sluit in toe hy as o19 Voorspeler van die Jaar aangewys is by Raiders Rugbyklub asook die dag wat hy gekies is om vir die eerste span uit te draf.

Sy gunsteling deeltydse ontspanning is om saam met sy vriende te braai.

Related Articles

 
Back to top button