Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Dewalt Sonnekus

Dewalt Sonnekus, oopkantflank van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Dewalt Sonnekus is trots om as losvoorspeler vir Randfontein Rugbyklub se eerste span uit te draf.

Die 23-jarige leef al vir ‘n dekade sy passie uit by Teine en is hy omtrent rugbymal.

“Alles van rugby maak my opgewonde,” het die ysterflank gesê.

Dewalt se rugbyloopbaan het op die ouderdom van 10 begin. Hy het die sport gereeld saam met sy jonger maats geniet en rugby ook in die laerskool gespeel.

Sy rolmodel is Richie McCaw (tweemalige Rugby Wêreldbeker-kampioen vir Nieu-Seeland, hul kaptein en volgens kenners een van die beste rugbyspelers wat die wêreld nog ooit gesien het). Wanneer hy nie op die rugbyveld is nie nie, spandeer Dewalt graag persoonlike tyd saam met sy familie en geliefdes.

Dewalt sluit af met sy gunsteling aanhaling van die bekende kreatiewe skrywer en filosoof, Suzy Kassem, wat lees “Doubt kills more dreams than failure ever will.”

Related Articles

 
Back to top button