Sport

Groot rolbal-drome

Twee jong broers het verlief geraak op rolbal en beplan om groot naam te maak in die sport.

Ruben (8) en Zaden Calitz (9) het een pretdag van die Randfontein Rolbalklub bygewoon en gevind hulle het ‘n aanvoeling vir die sport.

“Die klub het elke eerste Sondag van die maand ‘n rolbal pretdag. Ons ouers gaan speel elke maand. Ons speel gewoonlik net daar rond of ry fiets, maar in Maart het pappa gesê ons kan bietjie saam speel. Dis toe dat ons besef hoe lekker die sport is,” het Zaden verduidelik.

Die manier hoe die sport gespeel word en die rustigheid daarvan is wat hulle die meeste geniet. Die twee het nog nie aan enige kompetisies deelgeneem nie maar beplan om binnekort te probeer ‘en te wen’ het Ruben genoem.

“Die eerste dag wat ons gespeel het was Ruben die jongste speler wat deelgeneem het. Hy het ook daardie dag al die spelers, oud en jonk, gewen.”

Behalwe vir rolbal speel hulle ook rugby, krieket en hokkie.

Related Articles

 
Back to top button