Sport

Teine-seniors wys UJ wie’s baas

Teine se seniorspanne het gedomineer teen UJ in 'n Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks-kragmeting.

Randfontein Rugbyklub se eerste span het gewys hy is ‘n span om mee te reken in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks na hul spog 42–31 sege oor die Universiteit van Johannesburg (UJ) op 11 Mei.

Wat die oorwinning soeter maak is dat Teine dit weg van die huis af vermag het. Dit was ook Teine se derde agtereenvolgende oorwinning in die liga nadat hulle ook eers met Wits 34–28 en toe Pirates met 33–30 afgereken het.

Driedrukkers vir Teine was Hardus van Aswegen, Dewalt Sonnekus, Louis Smit, Brendan Rieck en Rudi Marx (twee drieë) terwyl Janko Tiedt ses doelskoppe oorgeklits het.

Senzokuhle Hlatshwayo. Foto: Ryan Keller.

Dit blyk of dit boonop ‘n super dag was vir Teine se seniorspanne met beide die tweede en derde spanne wat ook aan die wenkant was.

Die tweede span het eers 31–26 geseëvier terwyl die derde span 29–14 baas was.

Tiaan Nel. Foto: Ryan Keller.

Vir die tweede span het Christo van Emmenis twee drieë gedruk terwyl Brandon Viviers, Thabiso Mothae en Itu Mpete elkeen met een drie spog. Steff Calitz het dan met drie doelskoppe geslaag.

Louis Smit. Foto: Ryan Keller.

Die derde span se puntemakers sluit in driedrukkers Juan Claude Richards, Itu Mpete en Keanu Louw met Theo Calitz wat ‘n doelskop oorgeklits het. Verder het Bandile Molema twee doelskoppe en een strafskop deur die pale gestuur en spog ook met ‘n drie van sy eie.

Teine se juniors het wel die knieg gebuig teen UJ. Die o21’s het eers 52–10 slae gekry terwyl die o19’s 67–afgeransel is.

Verder het Teine se vrouespan 10 aan ‘n kant gespeel op UJ se versoek en 31–0 verloor.

Related Articles

 
Back to top button