Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Justin Meintjies

Justin Meintjies, agsteman van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Justin Meintjies, yster agsteman van Teine se eerste span, het nie ‘n banghaar op sy kop nie.

Die 27-jarige vertel dat hy sedert ‘n jong ouderom af mal is oor rugby en verduidelik hoe gereeld hy en sy familie voor die televisie gesit het om hul onderskeie spanne te ondersteun.

Volgens hom het sy rugbyloopbaan werklik eers vlam gevat in die ouderdom van vier en nadat hy Bulletjie Bugby gespeel het. Justin se ma was ook ten alle tye bankvas agter haar seun en het nooit wedstryde gemis nie. As o12-speler het Justin vir die Luiperde se juniors uitgedraf en die daaropvolgende jaar vir die Luiperde se o13 Cravenweek-span. Verder het hy ook die Goue Leeus se o16-span verteenwoordig tydens Grant Khomo Week en deelgeneem in die o19 Curriebeker-eindstryd as ‘n Blou Bul.

Huidiglik is Justin besig met sy tweede seisoen vir Teine.

Gevra wat hy van rugby geniet het Justin gesê, “Tydens ‘n wedstryd geniet ek die geleentheid om die opponente te duik sonder dat ek in die moeilikheid kom. Die klub is deel van my. Ons almal speel vir God, familie, vriende en die gemeenskap,” het hy afgesluit.

Exit mobile version