Sport

RAM slaan perfekte hou op hul gholfdag

Laerskool Randfontein het onlangs hul jaarlikse gholfdag in Krugersdorp gehou.

Ouers, personeel en ondersteuners van Laerskool Randfontein het hul beste voet voorgesit, asook die perfekte gholfhou geslaan, tydens die skool se jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfklub.

“Die baan is in ‘n fantastiese toestand en die weer het gelukkig saam gespeel sodat almal hul rondtes kon voltooi. Alhoewel ons nie hierdie jaar ‘n vol veld gehad het nie, was die baan steeds baie bedrywig en het almal wat deelgeneem het, dit baie geniet,” het hoof Leon Haupt, gesê.

Tiaan du Plooy.

Hy vertel die skool se personeel het twee gate beman. Die spelers het hulle vaardighede op die baan ten toon gestel met interessante speletjies. Hulle kon ook by een van die gate kragte meet teen professionele afrigter, Tiaan du Plooy. Daar was ‘n prys vir die een wat die bal nader aan die gat kon slaan as hy.

Andre Lombaard.

Verder was daar die naaste aan die pen en langste dryf wat baie belangstelling van die spelers uitgelok het.

Hy het genoem die dag is afgesluit met ‘n prysuitdeling en ‘n veiling van sport memorabilia.

“Ons sê dankie aan Ben Morgenrood Auto en Hoërskool Riebeeckrand wat beide hul bowwe pragtig versier het en al die spelers bedref het met heerlike verversings.”

Johan Kruger, Rickus Kruger, Hennie Corduer en Dihan Kruger.

Leon het afgesluit deur te sê, “Die dag was in geheel ‘n groot sukses. Groot dank aan al ons borge en spelers wat deelgeneem het asook ons Rammies-personeel wat op die dag gewerk het. Ons sien reeds uit na ons 2025 gholfdag wat voorlopig op 28 Maart weer by die Krugersdorpse baan sal plaasvind.”

Leon Haupt.
Francois van Tonder.
Steve Greyvenstein.

Related Articles

 
Back to top button