Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Michael Tolmay

Michael Tolmay, buitesenter van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Michael Tolmay (27), wat as buitesenter uitdraf vir Randfontein Rugbyklub se eerste span, is iemand met ‘n oog vir ‘n gaping.

As naskoolleerder was Michael gedurig verveeld en dit is hier waar hy toe besluit het om by rugby betrokke te raak.

Sedertdien mis hy nie ‘n rugbywedstryd nie en sy familie word gedurig langs die veld opgemerk waar hulle Michael ondersteun.

Tot vandag toe onthou Michael sy eerste duikslag en doelskop as graad 1-leerder by Laerskool Dr Havinga.

“My gunsteling deel van rugby is die feit dat jy vir 80 minute lank kan afsluit en nie hoef te bekommer oor enigiets anders behalwe wat tussen daardie vier lyne op die veld gebeur nie,” het Michael uitgedruk.

Wat sy prestasies aanbetref het Michael vir die Luiperde se o16-span in die Grant Khomo-week gespeel, die Luiperde se o18-san tydens Akademie Week en interprovinsiale sewes vir die o18 Goue Leeus.

Sy rolmodel is Jesus.

“Geen kritikus het ooit die wêreld verander nie. Jesus het die wêreld verander deur sy woorde met dade te pas,” het Michael afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version