Sport

Limpopo se Rhinos deel slae uit in Greenhills

Dit was 'n lang dag op kantoor vir Teine tydens 'n reeks vriendskaplike kragmetings teen Northam Rhinos.

Harde werk lê voor nadat al vier senior spanne van Randfontein Rugbyklub aan die verloorkant was teen Northam Rhinos van Limpopo.

Op 23 Maart het ses spanne van Teine se swewende arende teen die groter en sterker renosters kragte gemeet in ‘n vriendskaplike wedstryd in Greenhills.

Brandon Viviers soek ‘n spanmaat.

Teine se vierde span het eers 21–14 die knie gebuig gevolg deur die derde span met ‘n telling van 29–12 en tweede span (29–13). Teine se eerste span het inderdaad naby gekom vir ‘n Randfontein-oorwinning maar moes hul op die ou einde tevrede wees met ‘n loesing van 22–16.

Justin Swart van Teine se derde span korrel pale toe.

Teine spog wel met twee oorwinnings op die dag.

Hul vrouespan het 10-3 geseëvier teen Phoenix met Tinishia Jacobs en Belinda van Wyk die driedrukkers.

Dewalt Sonnekus van Teine se eerste span word gestuit.

Die plaaslike klub se o19’s het toe vir Alberton 17–7 geklop met Christo Troskie en Diago Afrika wat albei een drie gedruk het. Keagan Taylor was suksesvol met ‘n doelskop en strafskop terwyl Anele Ndarana ook met ‘n doelskop geslaag het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button