Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Franco Tiedt

Randfontein Rugbyklub se skrumskakel stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Franco Tiedt (26) leef, eet en slaap rugby.

Die woelige skrumskakel speel tans vir Randfontein Rugbyklub se eerste span en is ‘n lid van Teine sedert 2021.

Franco het vertel hoe hy as sesjarige kind ‘n liefde vir rugby ontwikkel het. Rugby vloei ook in sy oupa, pa en broer se are.

“Rugby is in ons bloed. Ek kan nie eens onthou dat ek met karretjies of boublokke gespeel het nie. Ek was altyd besig met ‘n rugbybal in my hand,” het Franco vertel.

Franco se grootste prestasies op die rugbyveld was om vir die Luiperde se 019- en 021-spanne in die Curriebeker uit te draf. Verder het Franco die Young Guns in die Varsitybeker verteenwoordig.

“Om deel van die rugbyklub te wees bring ‘n groot sin van trots. Die rugbyklub se rugbyspelers probeer altyd om hul alles te gee sodat ons nie die dorp teleurstel nie. Ek sal aanhou rugby speel tot ek nie meer in staat is nie,” het Franco afgesluit.

Related Articles

Back to top button