Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Hardus van Aswegen

Randfontein Rugbyklub se vaskopstut stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Die 29-jarige vaskopstut Hardus van Aswegen word deur sy spanmaats as Randfontein Rugbyklub se skrummasjien verwys.

Dit is ‘n bynaam wat opponente behoorlik sal laat bewe.

Hardus se liefde vir die sport het begin danksy Pietman van Niekerk, sy nefie, wat vir die Lions gespeel het. Hardus vertel dat sy nefie ‘n inspirasie vir hom is. As kind het Hardus graag bulletjie-rugby gespeel en 24 jaar later geniet hy steeds die spel. Vanjaar sal Hardus se derde jaar by Teine wees en draf tans vir die eerste span uit.

• Lees ook: Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Louis Smit

En nes sy spanmaats en klublede wil Hardus graag kwalifiseer vir die Pirates Groot Uitdaagreeks.

“Die klub is ‘n plek waar broers bymekaar kan kom om ‘n spel te geniet waarvoor ons so lief is. Dit is vir my ongelooflik lekker wanneer ons die opponent aanpak met een doel, om saam as ‘n span hulle te oordonder. Natuurlik het elke ou sy werk en ek moet stewig staan in die skrum,” het Hardus uitgedruk.

• Lees ook: Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Itu Mpete

Volgens Hardus is sy rolmodel niemand anders as die Lions se yster-losvoorspeler Francke Horn nie.

“Vir die laaste drie jaar werk al die klub se spelers ongelooflik hard om Randfontein op te bou in die sportwêreld. As die gemeenskap net aanhou om die klub te ondersteun dan sal ons virseker nog trofeë inpalm,” het Hardus gesê.

In sy vrye tyd geniet Hardus gholf, visvang en tyd saam met sy vrou en kinders.

Related Articles

Back to top button