Sport

Teine loop hom vas teen Pretoria Grizzlies

Randfontein Rugbyklub se eerstes en o21's moes die knie buig teen die Grizzlies van Pretoria.

Dis nie elke dag dat iemand vir Teine op sy tuisveld, die House of Pain (Greenhills Stadion), kan klop nie.

Pretoria Grizzlies se eerstes en o21-spanne het dit wel op 24 Februarie vermag.

Morné Piater, Janco Tiedt en Louis Smit.

Om te begin het Teine se o21’s eerste die knie gebuig teen Grizzlies met ‘n groot loesing van 49–7. Teine se derde span en tweede span het wel die tuisklub terug op die wenpad gebring met oorwinnings van 14–5 en 15–14 onderskeidelik, maar dieselfde kan nie gesê word vir Teine se eerstes nie wat ongelukkig 37–28 verloor het.

Zander Barnard met Corrie Vrey agter en Ruan Pieterse, Akhona Tsharane en Reghardt Erasmus.

Wat die o19’s aanbetref het Teine ‘n heel ander opponent gehad en in hul kragmeting teen Kagiso het hul agt drieë gedruk vir hul wegholsege van 52–7.

Xander Barnard.

Die bogenoemde was die soveelste vriendskaplike kragmetings en promosie-wedstryde vir Randfontein Rugbyklub tot dusver vanjaar. Die volgende opponent is Wanderers weg van die huis af op 9 Maart.

Rudi Marx gooi die bal vir Janco Tiedt.

Related Articles

 
Back to top button