Teine-seniors leer Impala ‘n rugbyles

Randfontein Rugbyklub is op koers om vir die Pirates Groot Uitdaagreeks te kwalifiseer nadat hul senior spanne veral vir Rustenburg Impala 'n rugbyles geleer het in die House of Pain ('n bynaam vir Teine se tuisveld).

Randfontein Rugbyklub het weereens die geskiedenisboeke gehaal nadat al sewe hul spanne in aksie was tydens ‘n onlangse vriendskaplike promosiewedstryd op tuisbodem.

Op 17 Februarie het al sewe Teine-spanne teen verskeie opponente kragte gemeet. Dit is als voorbereiding om vir die gewilde Pirate Groot Uitdaagreeks te kwalifiseer.

Die eerste span skrum teen Impala Rugbyklub.

Volgens klubwoordvoerder Lulu Klein was hierdie ‘n besonderse dag omdat hulle vir die eerste keer in hul geskiedenis sewe voltal spanne, die eerstes, tweedes, derdes, vierdes, o21’s, o19’s en ‘n vrouespan, op die veld kon uitstoot.

Louis Smit druk ‘n drie.

Teine se vrouespan het ongelukkig 17–10 teen Rustenburg Impala verloor. Die seuns se o19’s het wel opgemaak en Teine se eerste oorwinning beklink met ‘n oortuigende sege van 25–5 (ook teen Impala). Die o19’s het boonop vier drieë gedruk.

Hardus van Aswegen (stut) en Bennie Beyleveld (skrumpet) asook Herman van Eck (kopband) probeer besit wen vir Teine tydens ‘n lynstaan. Heel agter is Ricardo Burger.

Teine se o21’s span het naelskraap 3–0 verloor terwyl die vierdespan met 41–12 deur Krugersdorp se Harlequins afgeransel is.

Johan Swart, Wessel van Staden, Hardus van Aswegen en Deeje van Rhyn draf uit.

Die derde span het Teine wel terug op die wenpad gebring en agt drieë gedruk vir hul wegholsege van 48–14 teen Impala. Die tweede span was nog beter en 10 uitstekende drieë ingeryg vir hul oortuigende sege van 68–5 ook Impala. Natuurlik het Teine se eerste span die finale spyker in die Impala se rugbykis geslaan deur die manne van Rustenburg 66–5 slae te gee.

Mornè Piater word opgetel in die lynstaan.

Die rugbyklub is opgewonde om op 24 Februarie nog ‘n vriendskaplike promosiewedstryd te speel teen onder andere PTA Grizzlies Rugbyklub en Kagiso Rugbyklub.

JP Huisamen gereed vir die wedstryd.
Johan Swart.
Exit mobile version