Só vaar Randfontein-skole by Top 15

Afdeling twee: Riebeeckrand 19de gevolg deur Jannas 22e. Fochville van die verre Wes-Rand spog met derde plek en 12 255 punte.

Die beste atlete van meer as 50 skole, selfs een van sover as Secunda, het onlangs van oggend tot aand kragte gemeet vir ‘n plek op die podium tydens Hoërskool Noordheuwel se Top 15-atletiekbyeenkoms.

Dit is ‘n trotse tradisie wat volgens Neville Delport, atletiekorganiseerder van Nories, vir meer as 30 jaar strek.

Jannas se Oratile Klaas.

Plaaslike skole wat deel was van die skouspel sluit in die gasheer Nories, Riebeeckrand, Curro, Krugersdorp High School (KHS), Florida, Bastion, Jan Viljoen, Roodepoort en Monnas (gediskwalifiseer).

• Lees ook: Top 15: Monnas se atletiekspan gediskwalifiseer

FEATURED
Hope Lepholetsa van Riebeeckrand.

In afdeling een is Menlopark van Pretoria eerste met 14 267 punte gevolg deur Noordheuwel (13 531) en derde Zwartkop (13 482). Florida het die 23e plek bekleë met 9 980 punte. In afdeling twee was dit Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal wat eerste geëindig het met 12 816 punte. Prestige College van Hammanskraal was tweede (12 454) en Fochville van die verre Wes-Rand derde (12 255). Riebeeckrand van Randfontein was 19de met 10 425 punte terwyl Roodepoort die 21ste (9 922) plek ingeneem het. Nog ‘n Randfontein-skool, Jan Viljoen was 22ste met 9 909 punte en KHS was 24ste met 9 271 punte.

Qaqambile Jama van Riebeeckrand.

“Die byeenkoms was weereens ‘n groot sukses ten spyte van die hitte. Alles het seepglad verloop en alhoewel ons op ‘n kol bietjie agter was met die program het ons vinnig ingehaal. Die atletiek was van top gehalte en is daar selfs ‘n paar SA-kampioene wat hul talent ten toongestel het onder ander Chane Fourie van Nories, Alicia Khunou van Menlopark en Keagen Els van Helpmekaar,” het Neville gesê.

KHS was 24ste met 9 271 punte.

Tradisioneel, sê Neville, neem skole van sover as die Kaap ook deel, maar hulle kon dit vanjaar nie maak nie weens ander verpligtinge.

‘n Florrie gee sy alles in die verspringitem. Florida (afdeling een) het die 23e plek bekleë met 9 980 punte.

“’n Totaal van 53 skole het deelgeneem wat 1 134 atlete insluit. Die Top 15 aangebied deur Nories is boonop een van die lank bestaande byeenkomste in hierdie formaat in die land te same met die Elardus Erasmus-byeenkoms in Naboomspruit wat deur Hoërskool Hans Strijdom aangebied word.”

Mickayleigh Pretorius van Riebeeckrand.

Wat die aksie op die atletiekbaan- en veld aanbetref is talle rekords verbeter.

Jaydon Fairlie van Nories.

In die 100m hekkies vir seuns o15 het Enrique Bosch van Helpmekaar die rekord verbeter na 13.08. Die vorige rekord was 13.12 deur Francois Tredoux in 2008. Daar is verder nog 10 rekords verbeter deur Janelle Kirkpatrick (Menlopark) wat die rekord verbeter het in die 90m hekkies-item vir dogters o14 met ‘n tyd van 13.21; Werner Bezuidenhout (Menlopark) se 13.76 in die 110m hekkies-item vir seuns o19; Taelin Smith (Menlopark) se 2m in die hoogspring vir seuns o16; Chané Fourie (Noordheuwel) se 57.58 sekondes in die 400m vir dogters o14; Jaydon Fairlie (Noordheuwel) se 51.02 in die 400m vir seuns o14; Chane Vermeulen (Randburg) se 11.73 in die 100m vir dogters o19; Kaili Botje (Randburg) se 24.05 in die 200m vir dogters o19; Heidi Booysen (Uitnodigingspan) se 17.50 in die gewigstoot vir dogters o16; Minke Dekker (Zwartkop) se nege minute en 54.68 sekondes in die 3 000m vir dogters o15 en Jeandre Visagie (Zwartkop) se nege minute en 15.58 sekondes in die 3 000m vir seuns o14.

Francois Venter van Nories.

Uitslae van Wes-Rand skole (slegs medaljewenners):

• Jaydon Fairlie (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 11.39 sekondes in die 100m vir seuns o14
• Alexander Steyn (Noordheuwel) – tweede plek met ‘n tyd van 11.03 sekondes in die 100m vir seuns o16
• Hannah Vermaak (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 12.09 sekondes in die 100m vir dogters o17
• Kaylie van Oudtshoorn (Noordheuwel) – tweede plek met ‘n tyd van 12.37 sekondes in die 100m vir dogters o17
• Chané Fourie (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 25.55 sekondes in die 200m vir dogters o14
• Alexander Steyn (Noordheuwel) – derde plek met ‘n tyd van 22.50 sekondes in die 200m vir seuns o16
• Hannah Vermaak (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 24.60 sekondes in die 200m vir dogters o17
• Kaylie van Oudtshoorn (Noordheuwel) – tweede plek met ‘n tyd van 24.76 sekondes in die 200m vir dogters o17
• Aidan Bester (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 22.10 sekondes in die 200m vir seuns o17
• Chané Fourie (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 57.58 sekondes in die 400m vir dogters o14
• Jaydon Fairlie (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 51.02 sekondes in die 400m vir seuns o14
• Tiyani Fourie (Noordheuwel) – derde plek met ‘n tyd van een minuut en 43 sekondes in die 400m vir dogters o15
• Hanri Pretorius (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van 57.08 sekondes in die 400m vir dogters o17
• Tiyani Fourie (Noordheuwel) – derde plek met ‘n tyd van twee minute en 17.46 sekondes in die 800m vir dogters o15
• Hanri Pretorius (Noordheuwel) – eerste plek met ‘n tyd van twee minute en 13.30 sekondes in die 800m vir dogters o17
• Anje Kruger (Florida) – derde plek met ‘n hoogte van 1.40 meter in hoogspring vir dogters o17
• Yvanno Billings (Roodepoort) – derde plek in die verspring-item vir seuns o14 met ‘n sprong van 5.27m
• Francois Venter (Noordheuwel) – eerste plek in die verspring-item vir seuns o19 met ‘n sprong van 7.17m
• Caden Dalais (Roodepoort) – tweede plek in die verspring-item vir seuns o19 met ‘n sprong van 6.91m
• Caden Dalais (Roodepoort) – tweede plek in die driesprong-item vir seuns o19 met ‘n sprong van 13.37m
• Jamoré Olivier (Noordheuwel) – eerste plek in die gewigstoot-item vir dogters o17 se 16.49m
• Kyla Nienaber (Noordheuwel) – derde plek in die gewigstoot-item vir dogters o19 se 12.39m
• Jamoré Olivier (Noordheuwel) – eerste plek in die diskus-item vir dogters o17 se 42.16m
• Kyla Nienaber (Noordheuwel) – derde plek in die diskus-item vir dogters o19 se 42.33m
• Noordheuwel se aflosspan – tweede plek in die 4x100m aflos-item vir seuns o19 met ‘n tyd van 43.37 sekondes

Exit mobile version