Sport

Teine-spelers word beproef in Vanderbijlpark

Teine is slaggereed vir die rugbyseisoen nadat hulle proewe gehou het.

Randfontein Rugbyklub se groen- en geelspanne het onlangs ‘n proewedag oorheers by Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Die groenspan het al vier hul kragmetings gewen terwyl die geelspan aan die wenkant was in twee van hul drie wedstryde.

Randfontein Rugbyklub se woordvoerder Lulu Klein het gesê die wedstryde het slegs 20 minute elk geduur omdat dit proewe was.

Hennie van Eck, direkteur van rugby, het verder bevestig dat die klub hierdie week hul finale spanne uiteensit.

Op 17 Februarie sal Teine wel in ‘n amptelike wedstryd by die Greenhills Stadion in aksie wees en teen onder andere Rustenburg Impala en Merafong Rugbyklub se Jaguars koppe stamp.

Related Articles

 
Back to top button