Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Christo van Emmenis

Randfontein Rugbyklub se haker stel homself voor aan die gemeenskap in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Wanneer dit by rugby kom doen die 24-jarige Christo van Emmenis niks halfpad nie.

Van ‘n jong ouderdom af het die rugby-gogga vir Christo gebyt as leerder by Laerskool Rapportryer. Hy het toe sy rugbyloopbaan voortgesit by Hoërskool Riebeeckrand.

Maar rugby is nie net ‘n stokperdjie vir Christo nie, eerder ‘n passie en hy wys dit elke keer as hy op die rugbyveld uitdraf. Christo speel al vir 11 jaar lank by Randfontein Rugbyklub waar hy vir ongeveer ses keer met die titel van Voorspeler van die Jaar spog.

Christo speel boonop haker in die tweede span en is reserwe vir die eerste span. Gewilde Springbok-haker Malcom Marx is sy rolmodel.

“Wanneer ek ‘n moeilike dag gehad het, kom speel ek rugby. Dit is dan die hoogtepunt van my dag. In daardie oomblik sal ek alles op sy sit sodat ek net fokus op rugby. Vir my is rugby ‘n wegbreek kans,” verduidelik Christo.

Randfontein Rugbyklub is vir Christo ‘n omgewing waar vriende skielik broers word met die fokus om te wen en die spel te geniet.

Christo beplan om ‘n professionele rugbyspeler te word en hoop hy trek eendag ‘n Bok-trui oor sy kop.

“Dit is wat dit is. Leef jou lewe volheid en geniet elke dag as of dit jou laaste is.”

Related Articles

Back to top button