Sport

Teine se vroue slaggereed

Die vrouespan van die Randfontein Rugbyklub het reeds begin met oefening en beplan groot dinge vanjaar.

Randfontein Rugbyklub se vrouespan is toegewyd en reeds aan die gang met streng voorseisoen voorbereiding.

Op 15 Januarie het vrouespelers bymekaargekom om kliphard te oefen en volgens afrigter Emile Strauss het 23 spelers die middag opgedaag.

Voordat die vroue op fiksheid gefokus het, is daar met ‘n strekoefeninge begin. Daarna het intensiewe kardiovaskulêre oefeninge gevolg.

Cleone Booysen oefen fiksheid.

Randfontein Rugbyklub se woordvoerder Lulu Kleyn het vertel dat die fiksheidprogram nie verniet taai is nie.

“Die vrouespan is doelgerig en beplan om vanjaar nuwe doelwitte te bereik. Hulle wil graag al die wedstryde hierdie jaar wen,” het Lulu gesê.

Suebevery Pretorius, wat vanjaar flank speel, sê sy sien uit na die uitdagings wat voorlê.

Refilwe Mangope (Fifi) en Cazandra van Wyk vat ‘n blaaskans.

“Ek geniet dit om daardie eerste duikslag in ‘n wedstryd te maak. Oefening is belangrik want dit maak jou wedstrydfiks en berei jou voor vir wat kom. Oefening is ook ‘n geleentheid vir samekoms en om jou spanmaats beter te leer ken.”

Suebevery nooi die gemeenskap uit om saam met hulle te kom oefen en die seisoen te ondersteun.

Related Articles

 
Back to top button