Sport

Morgenrood-broers volg in pa se renjaer voetspore

Ben Morgenrood en sy seuns het onlangs die kollig gesteel by die Kyalami Grand Prix-baan.

Benjamin (23) en Chrisjan Morgenrood (22) volg in hul bekende renjaer pa se voetspore as renjaers en het saam die kollig gesteel tydens die Suid-Afrikaanse Uithouvermoë reeks.

Die twee broers het op 17 Desember met hul motors geoefen om te kwalifiseer vir die nege-uur lange wedren wat op 18 Desember plaasgevind het. Hierdie wedren staan as die Nine Hours of Kyalami bekend en vorm deel van die Suid-Afrikaanse Uithouvermoë reeks. Dié wedren was die laaste wedren vir 2023 wat by die Kyalami Grand Prix-baan plaasgevind het.

Volgens Benjamin was die wedren ‘n spanpoging waar hy, Chrisjan en hul pa, Ben Morgenrood die wedren as ‘n span voltooi, en ‘n allemintige tweede plek behaal het. Algeheel het die Morgenroods eerste geëindig in die algehele kampioenskap.

Benjamin ry die E-klas Cobra.

Benjamin en Chrisjan het talle wedrenne gewen, maar Benjamin het beklemtoon dat hierdie hul eerste kampioenskap was waar hul ‘n eerste plek behaal het as beide individue en saam met hul pa. Die kar waarmee hul die wedren voltooi het is ‘n E-klas Cobra met ‘n Lexus V8-enjin.

“Ek hou van die adrenalien wat saam met die motorsport kom. Ek geniet ook die uithouvermoë-wedrenne omdat dit ‘n geleentheid vir samekoms skep vir my, my broer en my pa,” het Benjamin gesê.

Benjamin gebruik sy vrye tyd om sy stokperdjie uit te leef en geniet graag om motors op te bou. Hy sê verder dat sy pa sonder twyfel sy rolmodel is.

“My pa ondersteun ons in alles wat ons doen. Hy het vir my en my broer so baie geleenthede in die lewe gegee, beter as wat ons ooit voor kon vra.”

Benjamin het ook spesiale bedankings aan die bemanning gegee naamlik Peet Swanepoel, AJ van den Berg en Hardes Kraft.

“Sonder hulle sou ons nie kon wen nie.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button