Local newsSport

Duiweklub vier lede se spogprestasies

Die Randfontein Duiweklub het vanjaar afgesluit met 'n handvol trofeë en sertifikate asook die reuk van 'n sappige tjoppie en gesellige atmosfeer.

Die Randfontein Duiweklub het lede se harde werk en konsekwente toewyding vanjaar met ‘n spoggerige eindjaarfunksie gevier.

Op 2 Desember het die Duiweklub ‘n vrolike geleentheid aangebied om die lede se prestasies te eer met sertifikate, trofeë en ‘n gesellige braai. Omstreeks skemer het Merven van der Walt die prysuitdeling ligtelik geopen en daarna het die klubvoorsitter, Clement Daniels, ‘n gebed oorgedra.

Daarna is sertifikate aan die juniors en suniors uitgedeel.

Ethan Mahappy, Christian Barkhuizen, Carien Barkhuizen, Kutlwano Snyman, Shannon Ludik en Kayla Deysel het almal sertifikate ontvang met Kayla wat eerste was in die junior-afdeling. Christian en Carien Barkhuizen deel die algehele tweede plek terwyl Shannon die derde plek verwerf het.

Clement Daniels (klub voorsitter) en algehele eerste plek wenner in die senior afdeling.

Die seniors het Top 10 sertifikate ontvang asook trofeë vir bykomende prestasies.

Die algehele prestasies is as volg:

• Jams Lofts – 10de
• Laurens Laubscher – negende
• Gideon van Niekerk – agste
• Jannie Ernst – sewende
• Sesde plek se toekenning is afgeteken omdat die lid nie meer aan die klub behoort nie
• Coenie Barkhuizen en Carla Ernst – vyfde
• Black Heart Lofts – vierde
• Hannes Groenewaldt – derde
• Reden Lofts – tweede
• Clement Daniels – eerste

Clement was omtrent vanjaar se uitblinker en spog hy met talle eerste plekke. Hy het eerste plek behaal in die ope, die sprint, die kort-pad, middel-pad en lang-pad wedrenne, die Matjiesfontein en die beste duif sprints. Sy enigste tweede plek is die toekenning van die beste duif.

Die prysuitdeling was dan afgerond met bedankings aan Maria Barkhuizen, Carla Ernst, Gertruida Groenwaldt, Belinda Barkhuizen en Carien Barkhuizen.

Related Articles

 
Back to top button