Sport

Prestasies loop oor by dié rugbyklub

Die Randfontein Rugby Klub spog weer met 'n goeie jaar en al die prestasies wat hul spelers verwerf het by hul jaarlikse prysuitdeling.

Die Randfontein Rugby Klub het op 24 November hul jaareindfunksie en prysuitdeling met ‘n samekoms en ‘n tjoppie op die vuur gevier.

Johan Cronje, voorsitter van die klub, het die prestasies vir die jaar aangekondig.

Die klub se eerste span het die Club Challenge Wenners 2023, Wes-Rand Wissel Trofee Wenners 2023, Senior Grand Challenge Wenners van 2023 en span wat die beste presteer het, titels verwerf. Die tweede span was aangekopndig as Senior Grand Challenge Wenners van 2023 en mees verdienstelike span van die jaar. Die derde span en die o21 span is as die Senior Grand Challenge Wenners vir 2023 aangekondig.

Deeje van Rhyn Senior en Jannie van Loggerenberg (president van die klub).

In die damespan was die Voorspeler van die Jaar Cazandra van Dyk en Agterspeler van die Jaar Refilwe Mangope.

Die Voorspeler van die Jaar by die o21’s is Xander Smith en die agterspeler is Collin da Corte, by die derdespan is Quinton Korb Voorspeler van die Jaar en Corne Aldridge Agterspeler van die Jaar. Voorspeler Christo van Emmenis en agterspelers Brandon Viviers en Kevin de Jager was as die beste spelers van die jaar aangewys. Nietemin was die eerste span se voorspeler Morne Piater en agterspeler Itu Mpete navore geroep om hul prys as beste spelers van die jaar te ontvang.

Cornè Hulme (ondervoorsitter) en Mornè Piater (Beste Speler van die Jaar as voorspeler in die eerste span).

Die Sportvrou van die Jaar is toegeken aan Suebevery Pretorius. Eugene Willemse het Sportman van die Jaar as ‘n junior verwerf en Deeje van Rhyn het die senior Sportman van die Jaar toekenning gewen.

Die afrigters van die jaar was Willem van Loggerenberg en Jean-Louis Diemieniet.

Die Randfontein Rugby Klub is baie trots op hul lede se puik prestasies. Vir die volledige lys van prestasies besoek die klub se Facebook-blad Randfontein Rugby Club Official.

Related Articles

 
Back to top button