Sport

Coenie se passie vlieg hoog in duiwesport

Coenie Barkhuizen vertel wat duiwesport vir hom beteken.

Coenie Barkhuizen spog met sy bekroonde passie in duiwesport en deel ook sy ervaring en prestasies wat hy in die loop van 14 jaar behaal het.

Coenie het vertel dat hy sedert sy kinderjare ‘n duif of twee versorg het. Hy en sy skoolmaats het ook duiwe as troeteldiere besit en gereelde kompetisies met die voëls beoefen. Nadat hy kennis van duiwesport gemaak het, het Coenie toe die besluit gemaak om homself volhartig aan die sportsoort toe te wy.

Coenie het verduidelik dat hy aan duiwewedvlugte deelneem, wat ‘n afdeling van duiwesport is. Duiwewedvlugte behels die versorging, afrigting en teling van duiwe asook die voorbereiding en uitvoering van wedvlugte, volgens Coenie.

Nadat sy passie vir duiwesport verder ontwikkel het, het Coenie sy familie aangesteek en is daar ‘n liefde vir die sport gekweek. Die Barkhuizen-gesin het toe besluit om saam op professionele vlak deel te neem.

Coenie Barkhuizen by ‘n jaareindfunksie waar trofees uitgedeel word.

Volgens Coenie is duiwesport een van sy soort omdat die sport saam familie geniet kan word. Hy het bygevoeg dat duiwesport nie familietyd steur nie, maar eerder die familie bymekaar kan bring.

“Elke sport het sy beperkings tot verband met wie kan deelneem, maar duiwesport het geen beperkings nie. Of jy jonk of oud, ryk of arm, fiks of gestremd is; almal het dieselfde kans om ‘n wedvlug te wen,” het Coenie vertel.

Coenie beskryf die sport as ‘n ‘alles in een’ sportsoort en wanneer ‘n persoon deelneem word hul die versorger, die afrigter, die bestuurder en vele meer. Dit behels wel toewyding.

Op 58-jarige ouderdom neem Coenie al meer as ‘n dekade lank aan die sport deel.

“Vir my is daar geen groter voorreg as om vir die duiwe te sit en wag nie. Duiwe is my motivering. Alhoewel hul klein diere is, gebruik hulle al die krag wat hulle kan versamel om by die wenstreep uit te kom. Self al is dit onweer, reën en sneeu sal daardie dier sonder rus sy alles gee om terug na jou toe te kom,” het hy gesê.

Coenie spog met ‘n kampioen-titel by die vorige klub en voeg hy by dat hy al verskeie afstand-wedvlugte gewen het as lid van die Randfontein Duiweklub sedert 2020.

Hy is huidiglik die sekretaris by die Randfontein Duiweklub waar hy noodsaaklike reëlings en geleenthede met ander komitteelede bespreek. Hy samel ook fondse in vir die klub deur die saal uit te huur.

Related Articles

 
Back to top button