RAMkatte eet en slaap boogskiet

Laerskool Randfontein se vier RAMkatskuts blink uit met pyl en boog tydens die Nationale Interskole Boogskietkampioenskappe.

Daar is geen uitnemendheid in boogskiet sonder groot arbeid nie en die RAMkat-boogskietspan van Laerskool Randfontein het die voorbeeld gestel tydens die Suid-Afrikaanse Interskole en Interprovinsiale Boogskietkampioenskappe in Springs op 4, 5 en 6 Oktober.

Die span het aangesluit by die hoogtepunt van die boogskietseisoen na twee doelgerigte weeklikse oefeninge en ‘n vol jaar van minimum twee kompetisies ‘n maand. Die interprovinsiale boogskietspan was verteenwoordig deur 16 skuts en Laerskool Randfontein is ten volle geëerd om aan te kondig dat vier van hul skuts die span gemaak het. Die vier interprovinsiale boogskutters sluit in Dylan Venter en Ruwayden Bam, albei in graad sewe, Casey-Lee Adam in graad ses en Kiesha Cunha wie in graad vier is.

Kiesha Cunha en Casey-Lee Adam spog met hul derde plek medaljes.

Tydens SAs het die provinsiale span gekompeteer met agt ander provinsies en ‘n derde plek behaal.

Die RAMkatskuts het daarna gekwalifiseer vir die nasionale interskole kampioenskappe en almal beïndruk.

Ruwayden Bam en Dylan Venter.

Ongeveer 1 000 nasionale skuts het aan dié kampioenskappe deelgeneem insluitend laerskool- en hoërskoolkinders asook volwassenes. Dit het die kampioenskappe reeds meer moeisaam gemaak, maar die span het ongelooflik goed presteer.

Annie Nolan, afrigter van die vaardige span vertel hoe trots sy op die skuts en hul prestasies is. Die Ramkatte het die 8e plek in die Bullseye-kompetisie behaal en dan 12e in die 3D-kompetisie.

Exit mobile version