Mila ‘n Judo superster

Mila Labuschagne pak die bul by die horings wanneer dit by Judo kom en spreek haar prestasies vanjaar boekdele.

Mila Labuschagne sukkel glad nie wanneer dit by Judo kom nie. Haar 16 goue medaljes dien as bewys dat hierdie 12-jarige nie huiwer om te worstel en stoei nie.

Judo is ‘n vegkuns van Japannese oorsprong en een van die gewildste sportsoorte ter wêreld. Die doel is om jou opponent te oordonder en Mila kan die bogenoemde met haar oë toe doen.

Mila het onlangs aan die nasionale skolekampioenskappe deelgeneem waar sy een goue medalje verower het. Dit is nie al nie, begin vanjaar was Mila voorgestel aan die graderingsisteem van Judo. Hierdie proses bestaan uit ‘n ranglys. Mila het begin met ‘n witbelt (sesde Kyu), daarna verwerf sy ‘n geelbelt (vyfde Kyu), en na sy die geelbelt verwerf het, het sy ‘n oranjebelt (vierde Kyu) gekry. Sy besit huidiglik ‘n groenbelt (derde Kyu) en het deur vier graderings gegaan om hierdie prestasie te behaal. Sy het ook vanjaar aan die Gauteng Ope en die National Ranking Event (NRE) se nasionale ranglys deelgeneem.

Sy neem nie net deel nie; sy wen graag. Mila het vanjaar ‘n allemintige 16 goud medaljes verwerf.

Al die medaljes wat Mila hierdie jaar verwerf het.

Sy het die Herald vertel dat Judo ‘n kontaksport is en dat spanwerk ‘n groot rol speel.

“Jy neem deel aan verskeie kompetisies deur die jaar. Elke kompetisie gee vir jou punte en die persoon wat die meeste punte versamel gedurende die jaar uit elke rang is dan die wenner.”

Die jonger groep deelnemers begin veg op hulle knieë. Wanneer die individue bevorder word na ‘n meer intense rang, sal die individue dan regop staan en al twee bene gebruik om te veg. Voor die geveg begin moet albei opponente eers mekaar groet as ‘n gebaar van respek.

“Judo kan ‘n gevaarlike sport wees. As ‘n persoon nie reg stoei of hulle gewig reg gebruik nie, kan daardie persoon ernstige beserings opdoen,” voeg Mila by.

Mila se judogi (Judo uniform) asook haar medaljes en belde.

Sy noem dat ‘n deelnemer haar arm by die Nasionale Skolekampioenskappe gebreek het en daarom moet ‘n persoon al die reëlmate volg wanneer ‘n beweging tydens ‘n geveg uitgevoer word.

Mila druk uit dat haar gunsteling oefening die sensei se “Magic 50’s” is. Die span ondergaan ‘n fiksheidprogram wat bestaan uit opstote, burpees, lunges, ster-spronge en opsitte. Daar word dan vyf rondtes van hierdie program gedoen en elke oefening moet vir een volle minuut uitgevoer word.

Die 21-jarige Thomas Breytenbach is Mila se grootste inspirasie maar ook nie die enigste rede vir Mila se toegewyde passie vir Judo nie. Op vierjarige ouderdom het haar kleuterskool ‘n groot boelie probleem ondervind. As ‘n teenstandprogram het die skool judoklasse geadverteer. Mila het dus die geleentheid aangegryp om ‘n judoka te word.

“Elke prestasie tel. Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie. Net om deel te neem tel as ‘n prestasie. Judo kweek selfvertroue en dit het soveel waarde. Ons is baie trots op Mila,” het Ian van Vuuren, Mila se pa vertel.

Exit mobile version