Local newsSport

Teine in sewende hemel na vier spanne liga wen

Randfontein Rugbyklub se bestuur is in die wolke nadat al vier plaaslike klubspanne Senior Groot Uitdaag-reekstitels verower het.

Teine-rugby is op ‘n goeie plek nadat al vier sy klubspanne as kampioene gekroon is van die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) se Senior Groot Uitdaag-reeks. Die reeks finale het op 26 Augustus op tuisbodem, beter bekend as die House of Pain, plaasgevind.

Natuurlik in sy noppies was Randfontein Rugbyklub se direkteur van rugby, Hennie van Eck.

“Dit is die eerste keer in die klub se geskiedenis dat al ons spanne die bekers in die liga gewen het. Ons is in ekstase en baie trots op elke afrigter en speler wat die harde werk ingesit het.”

Teine tweede span spelers vier hul beker-oorwinning.

Heel eerste het Teine se o21’s naelbyt vir Germiston Simmer met 27–26 geklop gevolg deur hul derde en tweede spanne wat teen dieselfde opponent met seges van 27–24 en 58–3 onderskeidelik spog.

Twee trotse Beyleveld-broers, Tiaan en Barend met die onderskeie Senior Groot Uitdaagreeks-bekers. Tiaan speel vir Teine se o21’s en Barend die eerste span.

Die eerste span wat wel 36–19 geseëvier het moes diep delf en het dit op kere bloed en sweet gevat om sy opponent, Khosa, uiteindelik weg te bêre. Teen lemoentyd was Teine maar slegs met een punt voor (15–14) en krediet moet aan Khosa gegee word wat net nooit wou gaan lê het nie. Die Krugersdorp-span was ook in alle regverdigheid baie mededingend vir ‘n groot gedeelte van die wedstryd en het hulle selfs voorgeloop op ‘n stadium.

Ruhann Kruger saam met sy meisie en seuns.

Inteendeel was daar in die tweede helfte ‘n kritieke oomblik vir Khosa en met die telling op 19–15 het hul stut die kans verbrou om sy span nog verder te laat voorloop maar toe druk hy kort voor Teine se doellyn.

Dit gaan keer kos.

Khosa se klubvoorsitter, Pieter de Villiers glo dit was ‘n keerpunt in die wedstryd.

“As ons daar gedruk het sou Randfontein twee keer punte moes aanteken. Dit sou die momentum in ons guns geswaai het.”

Johan Swart en sy gesin.

Bygesê het dinge ook nie so seepglad verloop vir albei spanne se voorbereiding voor die afskop van die eindstryd nie en het albei spanne terugslae beleef. Teine moes byvoorbeeld sonder ‘n paar gereelde spelers klaarkom weens beserings terwyl Khosa se reserwe voorry kort voor die wedstryd moes ontrek weens werksverpligtinge.

Khosa se Francois vd Merwe maak kontak terwyl sy spanmaat Devon Booysen (regs) hom wil ondersteun.
Khosa se Zander Schlemmer storm voort met Francois vd Merwe en Jaco Vewas by hom ter ondersteuning.

“Ons is maar teleurgesteld dat ons verloor het. Ons voel ons het goed voorberei en gedoen wat ons kon tot en met die afskop. Ons wou tipiese Khosa Rugby speel, lekker opwindende hardlooprugby waar die manne hulself kon uitleef en wat ek voel ons met tye baie goed reggekry het, maar ons verdediging het ons in die steek gelaat. Daardie eerste linie van verdediging en duikslae wat ons gemis het, het ons onder geweldige druk geplaas,” het de Villiers gesê.

Nog ‘n drie vir Teine se tweedes.
Pasop hier kom Teine!

Van Eck het sy opponent geloof na die wedstryd deur te sê, ‘hulle het dit beslis gebring’.

“Dit was ‘n great final en glad nie ‘n geval van een span wat net gedomineer het nie. Ons moes werk vir die wen vandag. Ons angel [die skrums] het ook nie wonders gewerk nie en ek dink ons het nie eers een strafskop gekry deur ‘n skrum nie, so hulle het beslis hul huiswerk gedoen.

Errard Ernsting vier sy drie.

“Oor die algemeen het ons genoeg gedoen en ja ons het dalk op tye die opponent laat terugkom in die wedstryd maar dit was ‘n finaal en dit bring senuweeagtigheid.”

Na die wedstryd is daar wel goeie sportmanskap en gees beleef met albei spanne wat saam in ‘n kring gebid het. Gelukwense vir Teine was natuurlik ook in orde maar Khosa en Teine kan beslis trots wees aangesien twee Wes-Rand klubspanne in ‘n GLRU-finaal teenwoordig was.

Na die wedstryd is daar wel goeie sportmanskap en gees beleef met albei spanne wat saam in ‘n kring gebid het.
Khosa se Diandre Vorster op die aanval.
Swys Pretorius en sy meisie.
Teine eerste span-slot, Christoff Kleyn, op die aanval.
Rudi Marx soen die GLRU se Senior Groot Uitdaag-reeks trofee.
Wie sê ‘n voorspeler kan nie ‘n systap uitvoer nie?
Die twee Kruger-broers Ruhann en Rynard en hul gesin tydens gebed en kort nadat die eindfluitjie geblaas het.
Teine se tweede span afrigters Dawie Ernst, Jurie Oosthuysen en Gerrie van Aswegen vier hul weghol-oorwinning en titel-sukses.
Khosa se Ruan du Toit vang die bal.
Danie Meyer omhels ‘n spanmaat na hul sege oor Khosa.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button