SchoolsSport

RAM-ouers en seuns speel rolbal vir krieket-toer

Dit was als ten bate van hul krieketseuns wat op toer gaan.

Talle ouers van Laerskool Randfontein het bymekaargekom vir ‘n rolbaldag by die Randfontein Rolbalklub wat gedien het as ‘n fondsinsameling vir hul krieketseuns wat op toer gaan.

• Lees ook: 80 vroue by Randfontein Rolbalklub se vrouedag

Daar was groot pret onder die ouers gewees wat vir mekaar ‘groot’ kompetisie op die bane was. Die krieketseuns het ook gewys hoe dit gedoen word.

Luhandrè Harmse. Foto: Michelle Roodt.
Dewalt Britz. Foto: Michelle Roodt.
Hoofseun Michael Lombaard geniet die dag. Foto: Michelle Roodt.

Een van die organiseerders, Francois Keyter het vertel dat die fondse sal gaan vir die seuns se klere en toer.

Tydens hierdie fondsinsameling, wat op 10 Junie plaasgevind het, was daar drie krieketwedstryde gespeel en ook ‘n heerlike middagete aangebied. Elke speler het ook met ‘n prys weggeloop.

Die dag was ‘n groot sukses en alles in goeie gees gewees.”

Christiaan Nolan en Annie Nolan geniet die dag vreeslik. Foto: Michelle Roodt.
Koekie Delport. Foto: Michelle Roodt.
Eugene Volkskenk. Foto: Michelle Roodt.
Louise Engelbrecht. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button