Local sportSport

Clement slaggereed vir sy tweede Comrades

RandMark se enigste deelnemer aan vanjaar se Comrades is slaggereed vir die groot uitdaging.

Die Comrades Maraton, wat weer vanjaar van Pietermaritzburg na Durban gehardloop word, is geklassifiseer as die wêreld se langste en oudste ultramaraton wat in 1921 begin is.

RandMark se Clement van der Merwe is die enigste lid van sy klub wie vanjaar se ietwat korter weergawe van die Comrades gaan aanpak.

• Also read: Two from RandMark finish gruelling 2022 Comrades Marathon

Hy gaan wel nie alleen wees is nie want daar sal na verwagting ongeveer 20 000 ander atlete wees wat saam met hom omstreeks 05:30 op Sondag, 11 Junie gaan wegspring. Hulle almal beoog om die ultramaraton (wat 87km is en sowat 2km korter as die vorige jare) binne 12 ure te voltooi. Klubwoordvoerder Lee Kotze het bevestig Clement is die enigste RandMark-lid by vanjaar se Comrades maar weet dat hy die RandMark-vlag hoog sal laat waai.

Die is sy tweede jaar wat hy dit doen, maar vanjaar het hy vertel hy gaan dit net probeer klaarmaak omdat hy tans ‘n laerug-besering het.

Die is ‘n wedren wat klaar moeilik is sonder ‘n besering en nou doen ek dit met een.”

Hy noem dat hy so twee maande agter is met sy fiksheid oor sy besering, maar in die laaste drie weke het hy dit stadig weer begin opbou. Clement het selfs verlede week probeer om 90km in een week te hardloop om sy bene sterker te maak.

Die 32-jarige het vertel dat hy die Comrades doen omdat dit ‘n lekker uitdaging is en al was die eerste keer vir hom taai gewees is dit tog ‘n gogga wat aanhou byt.

• Also read: Comrades organisers reveal cut-off times, shorter route

“Omdat hierdie my tweede jaar in ‘n ry is wat ek dit hardloop sal ek ‘n spesiale medalje kry as ek dit klaarmaak.”

Hy het verduidelik dat hy daarvan sal hou om volgende jaar op te hardloop na Pietermaritzburg.

Dit is ‘n reis waarin jy jouself ontdek en sien hoe sterk jy regtig is. Hulle sê jy berei nie voor om klaar te maak nie maar net om te kan wegspring.”

Volgens Clement is die ‘n wedren waar mense nie druk om beter as ander te doen nie, jy doen dit óf vir jouself óf om ander te motiveer en hul oor die eindstreep te dra.

Die Herald wens vir Clement alle sterkte toe met sy wedren.

Related Articles

Back to top button