Teine-eerstes verniel Jaguars 119-0

Randfontein Rugbyklub se eerste- en tweede-spanne was kookwater teen die Jaguars van Fochville en spog met wegholseges.

Randfontein Rugbyklub het verwoesting gesaai tydens die Jaguars van Fochville se besoek na die House of Pain.
Hierdie was deel van die Senior Groot Uitdaagreeks wat op Saterdag, 6 Mei plaasgevind het.

Lees ook: Teine-eerstes speel gelykop teen Simmers

Randfontein Rugbyklub se direkteur van rugby Hennie van Eck het vertel dat albei hul tweede en eerste spanne met tellings van oor die 100-0 gespog het.

Xander Smith. Foto: Billy Sass.

“Die dag was weereens ‘n reuse sukses aangesien al ons spanne hul wedstyde teen Fochville gewen het.”

Lees ook: Teine oorheers Germiston Simmer by House of Pain

Werner ‘Varkie’ Mclean. Foto: Billy Sass.

Hy het verduidelik dat daar ook lekker gees geheers het by die klub en dat dit gesien kan word in die resultate.

• Die onder 20’s het 35-7 geseëvier
• Randfontein se tweede span het ook behoorlik die opponent ‘n les geleer met hul sege van 104-0
• Teine se eerste span het dan 19 drieë gedruk in hul wegholsege van 119-0.

“Fochville is ‘n nuwe klub en ons glo hulle het baie geleer.”

Exit mobile version