Sport

Byna 30 RandMarkers haal Race to The Sun se eindstreep

Deelnemers kon kies tussen 'n 165km solo-wedren, 82km solo-wedren of 'n 165km wedren in span-formaat.

Randmarkers het vroeg vanjaar weggespring vir die Race to The Sun wedren wat op Saterdag, 6 Mei plaasgevind het.

Lees ook: ‘n Gedraf en trap vir RandMark in Ottosdal

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat die ‘n pad wedren is wat begin in Hartbeespoort en eindig in Sun City en deelnemers kon kies tussen ‘n 165km solo-wedren, 82km solo-wedren of ‘n 165km wedren in span-formaat.

Casey du Plooy. Foto ingestuur.

“RandMark het 29 deelnemers gehad wat in alle vorms van die wedren deelgeneem het.”

Sy het verduidelik dat dit vir RandMark ‘n baie suksesvolle dag was en al 29 deelnemers het klaar gemaak al was daar twee of drie deelnemers wat moeilikheid langs die pad opgetel het, het almal gespog met ‘n medalje na die tyd.

Bruce en Maritsa Minnie. Foto ingestuur.

Lees ook: RandMark-bergfietsryers tot op uiterste beproef in Meyerton

“Hierdie jaar se wedren was beslis moeiliker. Die afstand was nie net langer nie, maar daar was ook ‘n baie groot klim naby die eindpunt wat die vorige jare vermy was.”

Volgens Lee was die hoogtepunt om elke jaar almal se verligte gesigte te sien oor die eindstreep ry.

“Elke jaar word daar vir die naweek saam die gesinne gekamp en die jaar was dit weer so. Dit is vreeslik lekker om voor die tyd strategie te gesels en na die tyd met mekaar te deel wat op die pad gebeur het.”

Sy het verduidelik dat vir die afgelope drie jaar het die groep net groter en groter geword en daar is altyd iemand wat dit vir die eerste keer aanpak, iemand wat verlede jaar se foute wil regmaak en iemand wat ‘n perfekte vorige jaar nog wil verbeter.

Related Articles

Back to top button