Sport

Greenhills-vrou gekies vir aksienetbaltoer na Australië

'Dit vat jare se werk en toewyding om verkies te word vir SA Netbal. Ek is trots om by die span ingesluit te wees' – Liezel Hefer.

Inwoner Liezel Hefer is gekies om Brisbane, Australië toe te gaan vir aksienetbal in Augustus vanjaar.

Die 40-jarige gaan die o19-gemengdespan bestuur.

Lees ook: Randfontein Netball Club shows off talented players

Liezel is al 16 jaar betrokke by aksienetbal en speel eenkeer ‘n week sosiale wedstryde by die Hillfox Hornets in Weltevreden Park. Eenkeer ‘n jaar speel sy provinsiale netbal vir Wes-Gauteng en het ook al sewe keer vir ‘n provinsiale span gespeel wat onderskeidelik dames en gemengde spanne was.

Tot onlangs het sy skolenetbal afgerig en moes ongelukkig as gevolg van werksure haar passie opgee, maar sy is steeds bevoorreg om buite werksure aksienetbal af te rig.

Lees ook: National Minister to handover netball courts at Mohlakeng school

Liezel het vertel dat dit een enorme voorreg is om vir die span gekies te word, al is dit net om die span te bestuur.

“Dit vat jare se werk en toewyding om verkies te word vir SA Netbal. Ek is trots om by die span ingesluit te wees.”

Met hierdie groot eer hoop sy om haar land en dorp se naam hoog te hou. Volgens haar is dit ook ‘n bietjie stresvol omdat dit die eerste keer is wat sy ‘n ander land sal besoek.

Sy het verduidelik dat hul SA-span huidiglik een keer ‘n week oefen vir die toer en nader aan die tyd sal meer oefeninge ingewerk word.

Related Articles

Back to top button