Sport

Riebeeckrand-sport staan sterk in Potchefstroom

Hoërskool Riebeeckrand se rugby- en netbalspanne het 'n goeie 2023 PUK-reeks in Potchefstroom ervaar.

Hoërskool Riebeeckrand se rugby- en netbalspanne het hul staal gewys by vanjaar se PUK-reeks in Potchefstroom en het algeheel vierde geëindig teen 16 ander skole.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het vertel dat hulle verskriklik trots is op elke span wat deelgeneem het.

Also read: Rappies-leerders lus vir rugby en netbal

Dalu Ndlovu op die aanval. Foto ingestuur.

Skole wat deelgeneem het was Hoërskool Riebeeckrand, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Pretoria-Noord, Hoërskool Wolmeranstad, Hoërskool Vryburg, Hoërskool Fochville, Leeuwenhof Akademie, Hoërskool Hans Strijdom, Ferrum High School, Hoërskool Delmas, Hoërskool Oosterland, Hoërskool Pionier, Hoërskool Volksrust, Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Stoffberg Bekker en Hoërskool Schoonspruit.

Also read: New club rugby tournament launched

Marko Labuschagne skop af. Foto ingestuur.

Riebeeckrand se rugbyspanne het puik gevaar en algeheel tweede geëindig – die o14-, o15- en o16-spanne het almal ‘n tweede plek verower en die eerste span ‘n derde plek.
Die skool se netbalspanne het dan algeheel derde geëndig.

“Ons is ongelooflik trots op ons spelers. Dit was slegs harde werk en determinasie wat hulle tot hierdie punt gebring het.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button