School sportSport

Plaaslike hekkiesatleet nou vierde in SA

Hy het die 400m hekkies gewen met 'n persoonlike bes van 51,22 sekondes.

Die 16-jarige Lewellyn Harmse, ‘n graad 11-leerder van die Hoërskool Monument en inwoner van Randfontein, is volgens Athletics South Africa (ASA) die vierde vinnigste hekkiesatleet in die hele Suid-Afrika.

Lees ook: RAM-atleet wen silwer tydens SA’s

Sy medaljes en trofee wat hy onlangs verower het. Foto ingestuur.

Hy het vanaf Donderdag, 23 Maart tot Saterdag, 25 Maart aan die ASA klubkampioenskappe (Central Gauteng Athletics) deelgeneem in Pietermaritzburg waar hy vierde geëindig het in die o18 seuns 400m hekkies item.

Lewellyn het ook vanaf Sondag, 2 April tot Woensdag, 5 April aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe deelgeneem in Germiston waar hy tweede plek gewen het in die 400m naelope met ‘n persoonlike bes van 47,74 sekondes in die seuns o17 item.

Lees ook: Jong atleet behaal groot sukses

Lewellyn Harmse tydens die klubkampioenskappe. Foto ingestuur.

Hy het die 400m hekkies gewen met ‘n persoonlike bes van 51,22 sekondes.

Lewellyn is aan die einde van die dag by die SA Skole ook gekies as die beste baanatleet van die dag met 1908 punte. Hy het die hele seisoen met elke byeenkoms nuwe tye gehardloop.

Related Articles

Back to top button