School sportSport

Spog ‘capping’-seremonie vir Rappies-rugbyseuns en netbaldogters

Laerskool Rapportryer se netbaldogters is vanjaar deel van die trotse ‘capping’-seremonie en word die geleentheid nou amptelik beskou as 'n hoogtepunt op die skoolkalender.

Laerskool Rapportryer se eerste netbal- en rugbyspanne is op Donderdag, 13 April tydens ‘n spog seremonie vereer.

Also read: Two REM athletes reach Top 10 at SAs

Suzette Luus, Caitlyn Smith en André Kruger. Foto ingestuur.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat hierdie geleentheid ‘n hoogtepunt op die skoolkalender is.

Die ‘capping’-seremonie is ‘n tradisie wat in 2020 met die eerste rugbyspan begin is. Vanjaar het die skool wel besluit om die netbaldogters daarvan deel te maak.

Also read: Riebeeckrand sit vir Bekker ore aan!

Shani Boucher, Johané Lensley, Nikah Nortier, Caitlyn Smith, Kaylee Nagel, Kaylin Rossouw, Cherize Collins, Che-ri Olssen en Megan Burger. Foto ingestuur.

“Ons was bevoorreg om inspirerende sprekers vir die geleentheid te hê. Pastoor Mornè Venter en Karen Els was as die Gauteng-netbalafrigter vir 2022 aangewys en sy het die spelers geïnspireer. Hulle is goed voorberei vir die 2023 seisoen.”

Sy het bygevoeg dat Rappies ‘n skool is met ‘n ryk geskiedenis en trotse tradisies waarop hulle voortbou. Dit is vir die skool baie belangrik om die trotse aangeleenthede vas te vang vir hul nageslag.

“Ons wens elke speler sterkte toe vir die 2023 seisoen. Mag elkeen hulle talente uitleef op die sportveld en alles tot eer en verheeliking van ons grote Vader doen.”

Related Articles

Back to top button