Sport

RAM-onderwyser voltooi Two Oceans

'Dit was asemrowend gewees, definitief beautiful but brutal... soos hulle sê... ek sal dit graag weer wil doen' – Marlie.

Marlie Potgieter, ‘n onderwyser van Laerskool Randfontein, het onlangs ‘n item op haar bucket list afgemerk toe sy die Two Oceans-ultramaraton op Saterdag, 15 April voltooi het.

Na ‘n lang 56km het die 48-jarige haar doel bereik in ‘n tyd van ses ure en 19 minute.

Marlie het die Herald vertel hoe hard sy voorberei het om ‘n sukses te maak van een van hardloop se grootse uitdagings.

Lees ook: RandMark geared for 2023 Race to the Sun

“Dit was asemrowend gewees, definitief beautiful but brutal… soos hulle sê… ek sal dit graag weer wil doen,” het sy verduidelik.

Sy het vertel dat Chapman’s Peak vir haar baie makliker was as wat sy voorspel het, maar het gesê dat hulle gerus Constantia Nek uit die roete moet haal want op daardie stadium is dit waar jy die moegste is en dit was vir haar die moeilikste deel.

Lees ook: Onderwyser pak Two Oceans

“Die laaste ses kilometer het ek verbasend lekker gehardloop, dit was regtig vir my lekker op die einde. Ek was nie so moeg dat ek niks krag oor gehad het nie en my bene was definitief die minste styf as dié sin van die ander klubs wat daar was.”

Na ‘n lekker rus in die Kaap Sondag was sy reeds Maandag weer volstoom aan die gang en het 5km gaan hardloop.

“Ek sal die Two Oceans definitief aan enigiemand voorstel.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button