Local newsSport

Randwes pyle waai op ‘n nuwe plek

Die Randwes Veerpyltjie Vereniging het nou 'n nuwe huis en die gemeenskap is genooi om 'n draai te maak.

Die pyle vlieg deesdae by ‘n nuwe plek nadat die Randwes Veerpyltjie Vereniging ‘n nuwe tuiste by die Randfontein Rugbyklub in Greenhills gekry het.

Die organisasie se woordvoerder, Lorraine Bezuidenhout het vertel dat daar sommer ‘n heerlike nuwe atmosfeer by die nuwe klub se tuiste is. Sy het gesê dat hulle baie trots is op die harde werk van die vereniging se komitee wat die skuif moontlik gemaak het.

Lees ook: Die Rand West Darts Association praat oor pyle

“Ons sien daarna uit om nuwe lede in ons midde te verwelkom en maak graag ons klub oop vir mans, dames en junior spelers wat wil kom kyk waaroor dit gaan. Dit maak nie saak of jy al ‘n duisend maal gespeel het, of nog nooit gespeel het nie, almal is welkom.”

Indien jy bietjie wil gaan kyk waaroor die klub gaan is jy welkom om op Vrydagaand, 24 Maart vanaf 19:00 by hul ope-aand aan te sluit. Inskrywings is R5 per speler.

Lees ook: PHOTOS: West Rand Darts still going strong and invites you to join

Die klub se liga-aande is Maandae, 19:30 vir 20:00 en hul gestremde span kom op ‘n Woensdae om 12:30 bymekaar om teen 13:00 te begin speel.

Vir meer inligting besoek gerus hul Facebook-blad by RandWestDarts of kontak Hannah by 071 877 0227.

Related Articles

Back to top button