Sport

Benoude boude vir Teine

Raiders sorg byna vir ’n opskudding in Randfontein se House of Pain.

Dit was ‘n naelbytstryd toe Randfontein Rugbyklub (Teine) en Raiders se eerstespanne op Saterdag, 4 Maart koppe gestamp het.

Die kragmeting was die tweede rondte van die Klub Kampioenskap waar Teine net-net met 25–24 gewen het.

Rynard Kruger. Foto: Billy Sass.

Teine se Danie Meyer het twee drieë gedruk terwyl Francois Pretorius met ‘n drie van sy eie gespog het. Teine se Direkteur van Rugby Hennie van Eck het gesê die dag was ‘n groot sukses en is die kompetisie sterk onder die twee GLRU-reuse. Dit was ook vir hulle lekker om so baie mense te sien wat die klub ondersteun.

Christoff Kleyn. Foto: Billy Sass.

Teine se o21s het op die dag puik gespeel en welverdiend met ‘n telling van 36–0 geseëvier. Ses drieë is gedruk deur onder andere Tayron Domoney, Jano du Plessis, Henry Payne, Jason Joubert, Eugene Willemse en Thato Lekalakala. Teine se derdespan het ook goed gevaar toe hulle vir Vereeniging met ‘n telling van 16–14 geklop het. Daar was twee drieë gedruk (een elk) deur Dwayne van der Walt en Frikkie Willemse.

Francois Pretorius. Foto: Billy Sass.

Verder het Teine se tweedespan teen Raiders vasgeval met ‘n telling van 17–10. Tiaan Nel is as die eerstespan se speler van die wedstryd aangewys, Panashe Pinduka van Raiders as die tweedespan se speler van die wedstryd en Vincenzo Visagie as die o21s se speler van die wedstryd.

Teine pak volgende (op Saterdag, 11 Maart) vir Germiston Simmer ook by die House of Pain.

Vincenzo Visagie van die Teine stap weg met die titel van man van die wedstyd vir die o21s saam met Attie van Vuuren. Foto ingestuur.
Panashe Pinduka van die Raiders is aangewys as die tweedespan se man van die wedstryd saam Attie van Vuuren. Foto ingestuur.
Attie van Vuuren, Tiaan Nel (losskakel vir Teine se eerstespan) is aangewys as die eerstespan se man van die wedstryd en Jannie van Loggernberg. Foto ingestuur.

Tiaan Nel (losskakel vir Teine se eerstespan) is aangewys as die eerstespan se man van die wedstryd. Panashe Pinduka van die Raiders is aangewys as die tweedespan se man van die wedstryd en Vincenzo Visagie van die Teine stap weg met die titel van man van die wedstyd vir die o21s.

Die volgende wedstryd is teen Germiston Simmer by die House of Pain op Saterdag, 11 Maart.

Related Articles

Back to top button